WAT WERKLIKE GESONDHEID BETEKEN
Abstract:
Although nobody can be perfectly healthy, there are ways and remedies that can help one grow in real health: feeling great and being positive with joy in the heart and energy to take each day as it comes.
Werklike gesondheid is om as totale mens altyd gelukkig, sonder pyne en skete, met ‘n positiewe uitkyk op die lewe en sonder vrees elke dag met energie en lus vir die lewe tegemoet te gaan. Is dit onmoontlik? Ja, dis onmoontlik! Niemand is volmaak gesond wat alle aspekte betref nie: elkeen het maar hier-en-daar iets wat pla.
Tog is dit moontlik om baie naby aan die ideaal te kom. Daar is soveel genesingskrag in die mens teenwoordig dat feitlik al die groot probleme oorwin kan word; boonop is daar die werklikheid van die Skepper-Vader se krag wat ‘n mens kan help om tot naby die ideaal te kom sodat innerlike vrede en positiewe lewenskrag ‘n werklikheid kan wees.
Wanneer ‘n mens aan geen spesifiekte siekte ly nie, is jy nie noodwendig gesond nie. Vanweë ons Westerse leefstyl word die mens meestal stadig-maar-seker afgetakel en kom die siekte skielik een dag na vore – maar die aanloop was meestal vir maande en jare al daar sonder dat ‘n mens daarvan bewus was.
Wat om te doen: daar is twee dinge wat elkeen behoort te doen: die eerste is om die teenswoordige situasie te erken en te aanvaar – maak vrede met allerlei onaangename toestande en waarskuwende simptome. Tweedens mag ‘n mens dit nie sien as ‘n onveranderlike lot wat jou getref het nie! Jy kan iets hieraan doen! Maak dus ‘n wilsbesluit om vir jouself goed te wees en jou liggaam en gees op te pas sodat jou gesondheid kan verbeter sodat jy volgende week en volgende maand stukke beter gaan voel. Daar is baie inligting en wonderlike hulpmiddele beskikbaar om jou te help groei in gesondheid.
Wat om te gebruik: alhoewel dit nie ‘n mens kan gesond maak nie, is daar ‘n baie goeie kruie-tonikum wat kan help: Siberiese ginseng, ‘n wonderlike kruiemiddel wat die Skepper vir ons gegee het. Pasop vir allerlei medikasie wat vreemd is vir die liggaam.