ABSTRACT:
A person and a tree
The human person can be compared to a tree: the fruit, when bad, is not the problem. Attention should be given to the origins of bad fruit at the level of the roots and the ground which is a person’s lifestyle and environment.
As jy ‘n mens met ‘n boom vergelyk, kan ons sê dat die vrugte wat hierdie boom dra, ware gesondheid (welstand) of ‘n toestand van onwel-wees met gepaardgaande skete of siektes is.
Die vrugte van welstand is ondermeer diepe innerlike vrede, ‘n positiewe ingesteldheid, energie en ‘n gevoel van dankbare vreugde. Die vrugte wat wurms ingekry het of aan die boom vrot geword het, is ondermeer ongelukkigheid, of vreesagtigheid, moegheid, pyne en kwale.
Die belangrikste factor wat goeie en gesonde vrugte verseker, is die toestand van die boom se wortels en die grond waarin dit geplant is. By ‘n mens is dit ook so: hoe jy jouself ervaar en hoe ‘n mens die lewe met al sy fasette aanpak, is die wortels van die lewe – is die wortels diep is of is dit vlak; is daar fungi of ander groeisels aan die wortels of is dit gesond. Die grond is ‘n mens se omgewing en alles wat die lewe van buite-af beïnvloed.
Dit is hier, by die wortels en die grond, waar die uiteindelike kwaliteit van die vrugte bepaal word. Dit gaan hier oor ‘n mens se lewenshouding, jou ankers, verhoudings en leefstyl wat uiteindelik die mate van welstand of siek-wees bepaal.
Soms moet aan die slegte vrugte aandag gegee word, maar om net aan die vrugte (die kwale en siektes) aandag te gee, los nie die problem, die onwelstand of chroniese siektetoestande op nie. ‘n Mens moet die oorsprong van die probleem naspeur en dit oplos. Te veel mense gee slegs aandag aan die siekte of kwaal en soek dan ‘n kitsoplossing deur medikasie. Medikasie of ‘n operasie kan natuurlik geen kwaal gesond maak nie – dit kan hoogstens die liggaam versterk. Gee liewer aandag aan die leefstyl en die omgewingsfaktore, verander dit waar nodig, en die vrugte van die boom sal gesond wees.